‘n Christen Residensie
Al ooit jouself in die skoene van ‘n ongelowige gestel wat wil oorgaan tot geloof? Die vermoeiende taak waarop so ‘n persoon afkom wanneer hy/sy die christendom “mark” betree! ‘n Magdom kerke en om alles te kroon elkeen met sy eie “god” en gebruike! Wat het mense die oortuiging gegee dat hulle so verwaend geraak het om te onderskei tussen ras en klasse? Weet ons dan nie dat daar net een God vir almal is nie en dat dié God ons almal as gelykes beskou onder Jesus? Ware liefde vir mekaar as grondbeginsel om Sy gebooie te onderhou!
Een aand in die tweede helfte van 2004, nadat God besluit het om my te red uit die verlorenheid waarin ek gelewe het, kom gee God vir my ‘n opdrag om vir Hom ‘n tempel te bou waarmee Hy die Christendom in Suid-Afrika weer bymekaar wil bring.
Ouder gewoonte het die uwe as kleingelowige Thomas weer uitgeblink in redes waarom so ‘n tempel nie sal werk nie, of waarom ek nie die regte kandidaat is vir so ‘n omvattende taak nie! Orals soek ek toe antwoorde, selfs by die kerk, en daar kry ek dit toe in God se woord. JEREMIA1:7-8 "Toe se die Here vir my : Jy moenie sê: 'Ek is te jonk' nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ookal stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het."
Hierna kyk ek weer na God se droom en God maak my oë oop vir al die hartseer in die ou wêreld van ons en ek begin sien hoedat God se tempel daadwerklik ‘n verskil kan maak.
God wys in ‘n droom vir my ‘n gebou wat baie soos ‘n moderne tempel lyk met stoele vir 200 000 mense, en daar is 200 000 mense van elke taal en kleur in die gebou en hulle prys die Here met lofgesange en in die middel van die gebou staan een persoon en preek. Die persoon is met die Heilige Gees vervul en die trane loop uit die mense se oë wanneer die persoon met hulle praat en baie mense besluit om hulleself te bekeer en die Heilige Gees in hulle lewens te ontvang. Van orals af kom mense met hartseer gesigte aangestap en by die voorportaal staan ‘n klomp vriendelike mense, met glimlagte op hulle gesigte vir die hartseer mense en wag!