Die Tempel

Ons wil ‘n sentrum bou en dit opdra aan Jesus Christus ons Verlosser. Die sentrum sal 200 000 mense op een slag huisves – iets besonders, selfs in hierdie moderne eeu waarin ons leef. Die sentrum is deur God self geïnspireer en sal ‘n Heilige plek wees waar Sy teenwoordigheid ervaar sal word op ‘n manier wat anders is as by enige ander bymekaarkomplek van Christene in ons land of enige ander plek op aarde.
 

Dink ‘n bietjie hieraan:

 

Die Bulle het...

Die Motors het...

Die Perde het...

Die Christene baklei elkeen vir sy eie kerk en regverdig elke kerk op die een of ander manier. Ons doel is om by die verskille verby te kyk en by die “ooreenkoms” bymekaar te kom, dit wil se by Jesus Christus! Lees Efesiers 1:9-10, "Sy bedoeling was om ALLES WAT IN DIE HEMEL EN ALLES WAT OP DIE AARDE IS, ONDER EEN HOOF TE VERENIG, NAAMLIK ONDER CHRISTUS." Die stadion wat ons beplan is nie nog ‘n kerk, of ‘n nuwe kerk wat ander kerke wil afkraak en verkleineer nie. “Jesus as Koning Fondasie”, is ‘n poging om alle Christene met mekaar te laat verenig, afgesien van ras, klas, kleur of die denominasie wat ‘n persoon nastreef. Dit sal nie lede inneem nie, en sal dus nie afbreek maak aan enige bestaande kerklike strukture nie! Die organisasie wil d.m.v. die samewerking van elke Christen in die land, herlewing vir Christus met vernude ywer aan die brand kry. Dit het ten doel om ‘n menigte Christene op een slag bymekaar te bring d.m.v. byvoorbeeld ‘n Christelike konsert, ‘n welbekende spreker wat die evangelie voor 200 000 mense bring, of dalk 'n musiekfees deur al ons bekende sangers opgedra aan God! Alles tot eer van God en vir die uitbreiding van Sy koningkryk - is dit nie maar Sy opdrag aan ons nie? Hier volg nou ‘n stuk wat ek so 12 maande terug geskryf het, net nadat God in ‘n droom aan my die opdrag gegee het om vir Hom die stadion te bou. Die Gees het my gelei in die skryf van die stuk en het ek doelbewus nie daaraan verander nie!


Kliek hier om die gebruike vir die kompleks te sien...