Wie is ons?
Ons is ‘n klein groepie mense wat deur God se liefde gered is, deur Jesus Christus vry gespreek is van al die dinge wat ons verkeerd gedoen het, ( en daar was baie ) en nou lewe ons uit dankbaarheid vir Jesus en wil ons graag dié groot tempel bou tot die eer van God Drie-enig. Ons doen dit nie net uit dankbaarheid nie, maar ook om ons afhanklikheid van God fisies te illustreer.