'n Storm vir Jesus !

'n Magtige Rivier vir Jesus!!!


Ek loop nou ‘n paar dae terug in die straat af terwyl dit reën en ek dink aan die groot taak wat God my opgelê het, en aan al die teenkanting wat ek tewagte moet wees, toe God my skielik na die reëndruppels laat let wat so om my val. Hy wys vir my dat al die druppels wat val dieselfde groote is, en dat elkeen op sy eie maar eintlik niksseggend is; Maar dat wanneer ‘n paar druppels saam kom hulle ‘n poeletjie vorm, en dat wanneer ‘n paar poele vol raak en in mekaar begin oorloop dit ‘n stroompie vorm, en dat wanneer ‘n paar stroompies bymekaar kom dit verander in ‘n magtige rivier!

Die Here som dit toe vir my so op : “Die vernietigende krag van ‘n rivier na die storm, lê in die eensgesindheid van elke klein reëndruppeltjie”.

Sien jouself as ‘n klein reëndrupprltjie en help my om ‘n magtige rivier vir Jesus se evangelie te vorm!!!

Prys die Here !!!   God is goed !!!   Prys Sy Naam!!!