Welkom by Jesus as Koning

Mei 29, 2017

Hoe vorder ons?

Waar trek ons nou...
"Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur. Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum."

Kom ons kyk na wat hierdie stadion sal bereik:

Ek het eers gedink dat die tempel ‘n slegte idee is omdat elke dorp alreeds sy eie “34” kerke het, maar God kom wys vir my dat dit juis Sy doel is om die “34” kerke bymekaar te bring deur ‘n gesamentlike doel om ‘n Christelike tempel te bou op ‘n skaal onbekend aan die mensdom. Dit volgens EFESIERS was van die begin af Sy plan EFESIERS 1: 9-10: “ Hy het kragtens Sy besluit en voorneme die geheimenis van Sy wil aan ons bekend gemaak en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om ALLES WAT IN DIE HEMEL EN ALLES WAT OP DIE AARDE IS, ONDER EEN HOOF TE VERENIG, NAAMLIK ONDER CHRISTUS.” Nou vra ek jou hoekom al die kerke?

Wat die tempel eerstens sal bereik is om n vesting vir enigeen wat dors en bemoeid is te wees. Dit sal nie net nog ‘n kerk wees met nuwe reels en sieninge nie, maar wel ‘n tuiste vir vernuwing vir enige persoon uit enige kerk wat moeg is en honger na die grootheid en liefde van God ! Dit sal veral wees vir die prostetuut op die straat se hoek, die dronkaard wat sy werk verloor het, die jong kind wat deur dwelms vas gevang is, vir die armes, die wese, die wat siek en blind is, die wat honger het na siel en liggaam, en vir die een wat in ongeloof God se sy verlaat het om weer te sien hoe groot God is en dan na die Vaderhuis terug te keer.
  1. Om ‘n tempel van die aard te bou sal die samewerking en bydra van elke gelowige in ons land vereis. Dit is dan God se manier om die Christene in Suid-Afrika te verenig.
  2. Elke kerk behou nogsteeds sy gemeente en lidmate, maar na mate die gemeente lede die geleentheid gekry het om ‘n herlewings ervaring by die tempel te ervaar, begin die herlewing d.m.v. die Heilige Gees in ons eie gemeente in ons eie tuisdorpe.
  3. Die tempel skep die geleentheid vir een uitgesoekte individie wat met die Heilige Gees vervul is om met 200 000 mense op een slag te praat, en deur die werking van God se wil, deur die Heilige Gees sal miljoene mense gered word vir Sy koningkryk. Die spreker kan weekliks wissel of vir ‘n bepaalde tyd die selfde bly, afhangende van God se leiding. Daar kan ook gebruik gemaak word van al ons top Suid-Afrikanse sangers om God se lof te besing.
  4. Wanneer inag geneem word dat die tempel 200 000 stoele huisves en op ‘n minimum van R10.00 per stoel gewerk word oor vier aanbiddings geleenthede per maand, is dit duidelik dat ‘n inkomste van R 8 000 000.00 per maand heeltemal haalbaar is. Die gelde kan dan met trots deur Christene versprei word aan almal wat dit regtig nodig het en met die wete dat dit ‘n seening van God self af is en dit alles word gedoen onder die vaandel van eenheid in geloof in Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker.
  1.  Die verslaafde – ons gaan betaal sonder om terug te vra vir sy/haat rehabilitasie.
  2.  Die prostituut – d.m.v. rehabilitasie sentrums te skep en te befonds kan ons vir hulle ‘n heenkoms skep en probeer werk kry.
  3. Die armes, hongeres, siekes, blindes en bejaardes – deur in groot maat voedsel aan te koop en te versprei onder die wat nood het.
  4. Die weeskinders – deur fondse beskikbaar te stel vir onderwys, klere of net ‘n kersgeskenkie.
  5. Die sendelinge – deur bytedra tot die aankoop van bybels en die finansiering van sending werk.
  6. Die oprig van kerke – deur bou werk te finansie in areas waar die woord van God aan mense in tente of onder bome gebring word.
  7. Die tradisionele kerk ganger – ons wil aan die persoon wat dink Christen wees is net kerk basaar, tiendes, tien gebooie en Sondag in die kerk wees, se dat daar veel meer is en dat God Sy Gees met jou wil deel om saam met jou te vat, en te ervaar wat liefde is elke oomblik van die dag.
  8. Met die wat glad nie vir Jesus ken nie, wil ons die evangelie deel en hulle na Jesus lei.
  9. ( Volgens Matt.28:19 “ Gaan dan na  al die nasies toe en maak die mense my dissipels:”
  1. Ons skep ‘n rekening vir die fonsinsameling – met ouditeure wat alles nagaan.
  2. Ons oortuig mense van die verskil wat hulle kan maak, en dat hulle moet bydra tot die bou van die stadion.
  3. Ons bou die sentrum sodra ons genoeg geld het.
  4. Ons begin dadelik om mense te bereik soos nog nooit te voore nie.
  5. Bo alles moet ons die heeltyd bid en God se leiding smeek vir die groot taak.
  1. Ons wil probeer om 1miljoen Christene by die projek te betrek.
  2. Ons gaan poog om elkeen van die persone te oortuig om ‘n bedrag van R100.00/mnd oor ‘n tydperk van 12mnde by te dra.
  3. Dus  1 000 000 x R 100.00 x 12mnde =  R 1200 000 000.00
  4. Alhoewel dit dalk onhaalbaar klink kan ek u verseker dat God spesialiseer in die onmoontlike.
  5. Dit sal egter die samewerking en insette van elke Christen in ons land verg om hierdie grootse doel te behaal.

Lees asb eers verder om u te vergewis van die feite.

  • Toets

    Wat die sentrum eerstens sal bereik is om n vesting vir enigeen wat dors en bemoeid is te wees. Dit sal nie net nog ‘n kerk wees met nuwe reels en sieninge nie, maar wel ‘n tuiste vir vernuwing vir enige persoon uit enige kerk wat moeg is en honger na die grootheid en liefde van God ! Jaqcueline Kennedy Mei 30, 2017